16/04/2026
🔌 WERKSGELEENTHEID: ELEKTRIESE ASSISTENT 🔌
Danza Electrical
Danza Electrical is opsoek na ’n eerlike, hardwerkende jongman met ’n passie vir die elektriese industrie om by ons dinamiese span aan te sluit as ’n Elektriese Assistent.
Minimum Vereistes:
• Geldige rybewys (kode B of hoër)
• Sober gewoontes (geen dwelmmisbruik)
• Minimum 3 jaar ondervinding in die elektriese bedryf
• Ondervinding in kommersiële en industriële installasies, instandhouding, COC-agtergrond.
• Basiese kennis van elektriese foutopsporing
• Vermoë om onafhanklik sowel as in ’n span te werk
Bykomende Vaardighede en Eienskappe:
• Leierskapsvaardighede om ’n span en werf (site) te bestuur
• Goeie probleemoplossingsvaardighede
• Vermoë om duidelike terugvoering aan bestuur te gee
• Betroubaar, stiptelik en verantwoordelik
• Goeie kommunikasievaardighede
• Fisies fiks en bereid om op verskillende werwe te werk
• Bereidheid om oortyd te werk indien nodig
• Basiese kennis van veiligheidsregulasies en nakoming (OHS)
• Netjiese en professionele werksetiek
Voorkeur sal gegee word aan kandidate wat:
• Ervaring het met DB-borde, bedrading en installasies (240V – 400V)
• Kennis het van sonkrag (solar) installasies
Pligte sal insluit:
• Assisteer met installasies, herstelwerk en onderhoud
• Foutopsporing en probleemidentifikasie
• Werk volgens veiligheidsstandaarde
• Ondersteuning van spanleier op werf
Stuur jou CV na: [email protected], Ons sal jou kontak indien jou aansoek voldoende is.