Liefde vir DEKOR en MOOI MAAK

Liefde vir DEKOR en MOOI MAAK Inspirasie om jou huis te omskep in ‘n omgewing wat jy kan geniet en ontspan 🤍🤎met Ronél Hill

FOTO’S MET DEKOR IDEES 🤎🤍🤎 Die warm gevoel van ’n plaashuis-vibe… 🤎Daar is iets besonders aan die eenvoud en warmte van ...
03/06/2026

FOTO’S MET DEKOR IDEES 🤎🤍

🤎 Die warm gevoel van ’n plaashuis-vibe… 🤎

Daar is iets besonders aan die eenvoud en warmte van plaashuis-dekor. Warm, huislik en vol karakter. Van natuurlike teksture en sagte kleure tot gesellige ruimtes waar familie en vriende saam kuier – ’n plaashuis-geïnspireerde woning skep ’n gevoel van tuiskoms die oomblik wanneer jy instap. Die knus teksture skep ’n ruimte wat nie net mooi lyk nie, maar ook soos tuis voel.

’n Plaashuis-styl gaan nie oor perfeksie nie, dit gaan oor gemak, karakter en die klein besonderhede wat ’n huis in ’n tuiste verander.

Skep ruimtes wat warmte uitstraal, herinneringe bewaar en mense laat welkom voel. 🤍🤎Ronel Wait Hill

FOTO’S MET DEKOR IDEES🤎🤍Mooi beteken nie altyd gemaklik nie. 🤍🤎‘n Huis kan ongelooflik mooi lyk op foto’s…maar tog koud ...
21/05/2026

FOTO’S MET DEKOR IDEES🤎🤍

Mooi beteken nie altyd gemaklik nie. 🤍🤎
‘n Huis kan ongelooflik mooi lyk op foto’s…
maar tog koud of onpersoonlik voel wanneer jy daarin instap.

Dit gebeur maklik wanneer alles té perfek, té netjies of sonder karakter voel.

Die warmte van ’n huis lê gewoonlik in die klein besonderhede:

• sagte beligting
• natuurlike teksture
• hout-elemente
• mooi gordyne
• ’n sagte kombers
• persoonlike dekor en herinneringe
• daardie uitnodigende gevoel wat sê: “Voel welkom.”

Mens het nie altyd nuwe meubels of groot veranderinge nodig om ’n ruimte mooier te maak nie.

Soms kort ’n huis net meer hart en warmte. 🤎

Wat is daardie een ding wat vir jóú ’n huis huislik laat voel?🤎🤎Ronel Wait Hill

🤎🤍Ek het nou al geleer dat mooi nie vir almal dieselfde lyk nie.Party mense hou van lig en neutraal.Ander van kleur, kar...
19/05/2026

🤎🤍Ek het nou al geleer dat mooi nie vir almal dieselfde lyk nie.

Party mense hou van lig en neutraal.
Ander van kleur, karakter en stories.

En dis reg so.

Want ’n huis hoef nie soos iemand anders s’n te lyk om mooi te wees nie.

Dit moet iets wys van jóú.

Jou storie.
Jou seisoen.
Jou hart.
Jou manier van leef.

Dalk is dit hoekom ek so hou van mooi dekor en idees, want op die ou end gaan dit nie net oor mooi vertrekke nie, maar oor mense wat weer tuis voel in hulle eie storie.
🤎🤍Ronel Wait Hill

FOTO’S MET DEKOR IDEES…Idees vir daardie skuins hoekie onder ’n loft se trappe🤎🤍Daardie klein hoekie onder ’n loft eenhe...
18/05/2026

FOTO’S MET DEKOR IDEES…

Idees vir daardie skuins hoekie onder ’n loft se trappe🤎🤍

Daardie klein hoekie onder ’n loft eenheid se trappe hoef glad nie verlore spasie te wees nie 🤍
Met ’n bietjie kreatiwiteit kan dit een van die mooiste en mees praktiese plekke in jou huis word!

🌿 Paar oulike idees:
• ’n Knus leeshoekie met kussings en sagte ligte
• Ingeboude rakke vir boeke en dekor
• ’n Mini koffiestasie ☕
• Werk- of studeerhoekie
• Wynrak of stylvolle berging
• Speelarea vir kinders
• ’n Oulike plekkie vir jou troeteldier 🐾
• ’n Groen plant-hoekie vir daardie rustige atmosfeer 🌱

Dis ongelooflik hoe ’n “dooie” hoekie met die regte dekor warmte, styl en karakter aan ’n huis kan gee🤎

Watter idee sal jy kies?
🤎🤍Ronel Wait Hill

FOTO’S MET DEKOR IDEES…🤍 Neutrale kleure raak nooit uit die mode nie 🤍Daar is iets besonders aan ’n huis met sagte, neut...
18/05/2026

FOTO’S MET DEKOR IDEES…

🤍 Neutrale kleure raak nooit uit die mode nie 🤍

Daar is iets besonders aan ’n huis met sagte, neutrale kleure en mooi rustige dekor. Beige, roomkleure, sagte wit, warm grys en aardse kleure skep ’n ruimte wat onmiddellik verwelkomend, stylvol en rustig voel.

Sagte dekor maak nie net ’n vertrek mooi nie, dit skep ook ’n kalm atmosfeer waar mens kan ontspan, asem skep en regtig tuis voel. Van sagte kussings en tekstuur komberse tot natuurlike hout en warm beligting, elke detail dra by tot gemak en rustigheid.

’n Rustige huis bring dikwels ook ’n rustige gemoed… en soms maak die sagste ruimtes die grootste indruk. 🤍🤎Ronel Wait Hill

FOTO’S MET IDEES…Hou jy van die growwe afwerking op die tuin potte?Die growwe, klip-agtige afwerking word gewoonlik gema...
18/03/2026

FOTO’S MET IDEES…

Hou jy van die growwe afwerking op die tuin potte?
Die growwe, klip-agtige afwerking word gewoonlik gemaak deur tekstuur oor die pot te bou, jy kan dit self baie maklik doen

Hier is ‘n paar idees:
🪴 1: Sement + Sand (beste en sterkste resultaat)

Wat jy nodig het:
• Gewone sement
• Bou sand (fyn sand werk ook)
• Water
• Ou verfkwas of spons
• Handskoene
• Plastiek pot / keramiek pot

Hoe om dit te doen:
1. Meng:
• 2 dele sand
• 1 deel sement
• Water tot dit soos dik pap lyk.
2. Smeer eerste laag
• Gebruik jou hand of kwas.
• Moenie glad smeer nie — druk en klop dit op vir tekstuur.
3. Maak die growwe effek
• Tik met ’n spons.
• Of druk klonte liggies vas.
• Jy kan selfs droë sand oor strooi terwyl dit nat is.
4. Laat droog word
• ±24 uur.
5. Verf
• Gebruik mat swart, charcoal of klipkleur verf.
• Dab (druk) verf aan — moenie rol nie.

🪴 2: Verf (super maklik)

As jy nie sement wil werk nie:
1. Verf pot.
2. Terwyl verf nat is:
• Dab met ’n spons of plastieksak.
3. Spuit stone texture spray paint (baie hardeware winkels het dit).

Paar wenke:
✅ Moenie perfek werk nie — ongelyk = mooier
✅ Mat verf werk beter as blink
✅ Groot tekstuur onder, fyner bo vir luukse look
✅ Seël met matte clear sealer vir buite gebruik. 🤎🤍Ronel Wait Hill

Address

Despatch

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Liefde vir DEKOR en MOOI MAAK posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Shortcuts

Share

Category