08/10/2026
Wat ñ fantastiese belewenis.
𝐓𝐰𝐢𝐧𝐭𝐢𝐠 𝐤𝐨𝐤𝐤𝐞 𝐯𝐢𝐞𝐫 𝐒𝐮𝐢𝐝-𝐀𝐟𝐫𝐢𝐤𝐚 𝐬𝐞 𝐤𝐨𝐬𝐞𝐫𝐟𝐞𝐧𝐢𝐬 𝐢𝐧 𝐊𝐨𝐤𝐤𝐞𝐝𝐨𝐨𝐫: 𝐊𝐥𝐚𝐬𝐬𝐢𝐞𝐤
kykNET se geliefde koswerklikheidsreeks keer terug na sy wortels met Kokkedoor: Klassiek, waarin tien onthoukokke en tien kinkelkokke hul kragte saamspan om tradisionele kos ’n nuwe baadjie te gee. Die reeks van 13 episodes begin op 5 November.
Die 20 deelnemers bring uiteenlopende lewensverhale, beroepe en kombuis-ervaring saam. Die groep wissel in ouderdom van 24 tot 67 jaar.
Van rekenmeesters en ’n onderwyseres tot bakkers, spyseniers en professionele sjefs – dié kokke deel ’n liefde vir kos en die mense en herinneringe wat daarmee saamgaan.
𝐃𝐢𝐞 𝐭𝐢𝐞𝐧 𝐨𝐧𝐭𝐡𝐨𝐮𝐤𝐨𝐤𝐤𝐞 𝐢𝐬:
- Milandré Braaf (31) van Groblershoop, Noord-Kaap
- Stephanie Grobbelaar (46) van Centurion, Gauteng
- Dewald Herbst (36) van Robertson, Wes-Kaap
- Ansebé Pieterse (61) van Montagu, Wes-Kaap
- Barbara Kemp (61) van George, Wes-Kaap
- George von Berg (35) van Pretoria, Gauteng
- Diana Bibbey (53) van Thabazimbi, Limpopo
- Elsie Botha (57) van Struisbaai, Wes-Kaap
- Chanél Cloete (27) van Jeffreysbaai, Oos-Kaap
- Jeanette Relling (67) van Mbombela (Nelspruit), Mpumalanga
𝐃𝐢𝐞 𝐭𝐢𝐞𝐧 𝐤𝐢𝐧𝐤𝐞𝐥𝐤𝐨𝐤𝐤𝐞 𝐢𝐬:
- Kheenan Douman (36) van Elsiesrivier, Kaapstad, Wes-Kaap
- Ruan Swanepoel (27) van Table View, Kaapstad, Wes-Kaap
- Douglas Botha (24) van Wellington, Wes-Kaap
- Hanroe Erasmus (45) van Secunda, Mpumalanga
- Mishka Brink (24) van die Paarl, Wes-Kaap
- Karen du Plessis (60) van Swellendam, Wes-Kaap
- Maradine Whitehorn (44) van Fourways, Johannesburg, Gauteng
- Zani Bormann (44) van Linden, Johannesburg, Gauteng
- Janie Lottering (36) van Gqeberha, Oos-Kaap
- Paul Theron (44) van Durban, KwaZulu-Natal