Home With RMari

Home With RMari By Home With RMari deel ek maklike resepte, heerlike bakinspirasie, kreatiewe idees vir die alledaagse lewe en eenvoudige leeridees vir ouers.

Kom kuier saam! โœจ Inspire โ€ข ๐Ÿฅฃ Cook & Bake โ€ข ๐ŸŽจ Create โ€ข ๐Ÿค Love

06/09/2026
27/07/2026

Peanut Butter Cookies

If you love peanut butter, you're going to love these homemade stuffed peanut butter cookies!

Ingredients:
1 1/2 cup flour 180g
1/2 cup butter unsalted, room temp 113g
1 cup peanut butter 250g
1/2 cup brown sugar 100g, lightly packed
1/2 cup sugar 100g
1 tsp vanilla extract 5mL
1 egg large, room temp
3/4 tsp baking powder 3g

19/07/2026

๐Ÿง€ Varsgebakte kaasskons... daar is min dinge so lekker! ๐Ÿค
๐ŸŽฅ Die volledige resep is in die eerste kommentaar. ๐Ÿ‘‡



10/04/2026

Jeffreysbaai, as jy nog nie The Infood Club by Infood Jeffreys Bay probeer het nie, mis jy uit ๐Ÿ‘€๐Ÿ”ฅ

Hierdie is nie net โ€™n gewone club sandwich nie โ€” dit is โ€™n smaakbom met sappige hoender, romerige avo, tamatie, karamel-uie, feta, rocket, crispy bacon en kewpie mayo ๐Ÿค๐Ÿฅ‘๐Ÿฅ“

Elke hap was smaakvol, sappig en heerlik. Die diens was vinnig en die atmosfeer rustig, wat dit die perfekte spot maak vir โ€™n lekker ontspanne ete in JBay.

Definitief een om op jou lys te sit as jy in Jeffreysbaai is ๐Ÿ™Œ

๐Ÿฅ“ ๐˜ผ๐™ก๐™›๐™ง๐™š๐™™๐™ค ๐™‹๐™–๐™จ๐™ฉ๐™– Daar is min dinge so lekker soos โ€™n warm bord romerige Alfredo pasta. Hierdie gereg is eenvoudig, vullen...
09/04/2026

๐Ÿฅ“ ๐˜ผ๐™ก๐™›๐™ง๐™š๐™™๐™ค ๐™‹๐™–๐™จ๐™ฉ๐™–
Daar is min dinge so lekker soos โ€™n warm bord romerige Alfredo pasta. Hierdie gereg is eenvoudig, vullend en perfek vir โ€™n vinnige aandete.

Voorbereidingstyd: 15 minute
Kooktyd: 25 minute
Totale tyd: 40 minute
Porsies: 4โ€“6

๐‘ฉ๐’†๐’”๐’•๐’‚๐’๐’…๐’…๐’†๐’๐’†:

๐˜—๐˜ข๐˜ด๐˜ต๐˜ข
300 g fettuccine pasta
Water en sout vir kook

๐˜๐˜ฐ๐˜ฆ๐˜ฏ๐˜ฅ๐˜ฆ๐˜ณ
500 g hoenderfilette, in blokkies of repies gesny
1 eetlepel olie
1 teelepel aromat of hoenderspeserye
ยฝ teelepel paprika

๐˜ˆ๐˜ญ๐˜ง๐˜ณ๐˜ฆ๐˜ฅ๐˜ฐ ๐˜š๐˜ฐ๐˜ถ๐˜ด
2 eetlepels botter
2 knoffelhuisies, fyngedruk
2 eetlepels koekmeel
2 koppies melk
1 koppie vars room
1 koppie gerasperde wit kaas
ยฝ koppie gerasperde mozzarella
Sout en swartpeper na smaak
ยฝ teelepel gemengde kruie of Italiaanse kruie

๐˜Œ๐˜ฌ๐˜ด๐˜ต๐˜ณ๐˜ข (๐˜ฐ๐˜ฑ๐˜ด๐˜ช๐˜ฐ๐˜ฏ๐˜ฆ๐˜ฆ๐˜ญ)
200โ€“250 g spek, in klein stukkies gesny

๐˜‰๐˜ฐ-๐˜ฐ๐˜ฑ
ยฝโ€“1 koppie ekstra gerasperde kaas
Vars pietersielie of ekstra kruie (opsioneel)

๐™Ž๐™ฉ๐™–๐™ฅ-๐™ซ๐™ž๐™ง-๐™จ๐™ฉ๐™–๐™ฅ ๐™„๐™ฃ๐™จ๐™ฉ๐™ง๐™ช๐™ ๐™จ๐™ž๐™š๐™จ

1. ๐˜’๐˜ฐ๐˜ฐ๐˜ฌ ๐˜ฅ๐˜ช๐˜ฆ ๐˜ฑ๐˜ข๐˜ด๐˜ต๐˜ข
- Kook die fettuccine in soutwater volgens die pakkie se instruksies.
- Dreineer en sit eenkant.

2. ๐˜‰๐˜ณ๐˜ข๐˜ข๐˜ช ๐˜ฅ๐˜ช๐˜ฆ ๐˜ฉ๐˜ฐ๐˜ฆ๐˜ฏ๐˜ฅ๐˜ฆ๐˜ณ
- Verhit die olie in โ€™n pan oor medium hitte.
- Geur die hoender met aromat of hoenderspeserye, paprika, sout en swartpeper.
- Braai die hoender totdat dit mooi goudbruin, sappig en gaar is.

3. ๐˜”๐˜ข๐˜ข๐˜ฌ ๐˜ฅ๐˜ช๐˜ฆ ๐˜ˆ๐˜ญ๐˜ง๐˜ณ๐˜ฆ๐˜ฅ๐˜ฐ ๐˜ด๐˜ฐ๐˜ถ๐˜ด
- Smelt die botter in โ€™n kastrol.
- Voeg die knoffel by en braai liggies vir โ€™n paar sekondes.
- Roer die koekmeel by en kook vir 1 minuut terwyl jy aanhoudend roer.
- Voeg die melk stadig by en roer goed sodat daar nie klonte vorm nie.
- Gooi die room by en laat die sous begin verdik.
- Voeg die mozzarella by.
- Roer totdat die kaas heeltemal gesmelt is en die sous romerig is.
- Geur met sout, swartpeper en gemengde kruie.

4. ๐˜”๐˜ฆ๐˜ฏ๐˜จ ๐˜ข๐˜ญ๐˜ญ๐˜ฆ๐˜ด
- Voeg die gaar fettuccine by die Alfredo sous.
- Voeg die gebraaide hoender by en meng goed deur.
- Maak seker die pasta is mooi bedek met die romerige sous.

5. ๐˜š๐˜ฑ๐˜ฆ๐˜ฌ ๐˜ข๐˜ด ๐˜ฆ๐˜ฌ๐˜ด๐˜ต๐˜ณ๐˜ข (๐˜ฐ๐˜ฑ๐˜ด๐˜ช๐˜ฐ๐˜ฏ๐˜ฆ๐˜ฆ๐˜ญ)
- Braai die spek apart totdat dit gaar en effens bros is.
- Stooi dit oor die pasta of meng dit by vir ekstra geu

6. ๐˜‰๐˜ข๐˜ฌ (๐˜ฐ๐˜ฑ๐˜ด๐˜ช๐˜ฐ๐˜ฏ๐˜ฆ๐˜ฆ๐˜ญ)
- Skep die mengsel in โ€™n gesmeerde oondbak.
- Strooi die ekstra kaas bo-oor.
- Bak teen 180ยฐC vir 10โ€“15 minute totdat dit goudbruin en borrelend is.

7. ๐˜‰๐˜ฆ๐˜ฅ๐˜ช๐˜ฆ๐˜ฏ ๐˜ฆ๐˜ฏ ๐˜Ž๐˜ฆ๐˜ฏ๐˜ช๐˜ฆ๐˜ต
- Warm ciabatta of broodrolletjies
- Geroosterde groente
- โ€™n Griekse slaai

๐Ÿ”ฅ ๐™’๐™š๐™ฃ๐™ :
Moenie die pasta te lank kook voor jy dit met die sous meng nie โ€” hou dit net-net al dente, want dit trek nog bietjie verder gaar in die warm sous. As jy lus is vir โ€™n meer souterige en vleiserige smaak, kan jy gerus die spek bysit vir ekstra geur en โ€™n rokerige twist.

Hoop jy geniet dit net so baie soos ons!

๐™ƒ๐™š๐™š๐™ง๐™ก๐™ž๐™ ๐™š ๐™ˆ๐™–๐™–๐™ก๐™ซ๐™ก๐™š๐™ž๐™จ๐™ก๐™–๐™จ๐™–๐™œ๐™ฃ๐™šHierdie maalvleislasagne is ryk, sappig en smaalvol met spek, sampioene, โ€™n heerlike sous en ro...
09/04/2026

๐™ƒ๐™š๐™š๐™ง๐™ก๐™ž๐™ ๐™š ๐™ˆ๐™–๐™–๐™ก๐™ซ๐™ก๐™š๐™ž๐™จ๐™ก๐™–๐™จ๐™–๐™œ๐™ฃ๐™š

Hierdie maalvleislasagne is ryk, sappig en smaalvol met spek, sampioene, โ€™n heerlike sous en romerige witsous tussenin. Dis perfek vir โ€™n gesinsete of vir wanneer jy vooraf wil kook.

Voorbereidingstyd: 20 minute
Kooktyd: 45โ€“50 minute
Totale tyd: 1 uur 10 minute
Porsies: 6โ€“8

๐‘ฉ๐’†๐’”๐’•๐’‚๐’๐’…๐’…๐’†๐’๐’†:

๐˜”๐˜ข๐˜ข๐˜ญ๐˜ท๐˜ญ๐˜ฆ๐˜ช๐˜ด๐˜ฎ๐˜ฆ๐˜ฏ๐˜จ๐˜ด๐˜ฆ๐˜ญ
1 kg maalvleis
200 g spek, in klein stukkies gesny
250 g sampioene, in skywe gesny
1 groot ui, fyn gekap
2 knoffelhuisies, fyngedruk
2 eetlepels olie
2โ€“3 eetlepels Ina Paarman se Braai & Grill
250โ€“300 ml Miami Hammy Relish โ€“ Smoky Barbecue
3 eetlepels tamatiepasta
1 koppie water
Sout en swartpeper na smaak

๐˜ž๐˜ช๐˜ต๐˜ด๐˜ฐ๐˜ถ๐˜ด
3 eetlepels botter
2 eetlepels koekmeel
1 eetlepel Maizena
3 koppies melk

๐˜๐˜ฆ๐˜ณ๐˜ฅ๐˜ฆ๐˜ณ
250โ€“300 g lasagnevelle
2โ€“3 koppies gerasperde Gouda kaas

๐™Ž๐™ฉ๐™–๐™ฅ-๐™ซ๐™ž๐™ง-๐™จ๐™ฉ๐™–๐™ฅ ๐™„๐™ฃ๐™จ๐™ฉ๐™ง๐™ช๐™ ๐™จ๐™ž๐™š๐™จ

1. ๐˜”๐˜ข๐˜ข๐˜ฌ ๐˜ฅ๐˜ช๐˜ฆ ๐˜ฎ๐˜ข๐˜ข๐˜ญ๐˜ท๐˜ญ๐˜ฆ๐˜ช๐˜ด๐˜ฎ๐˜ฆ๐˜ฏ๐˜จ๐˜ด๐˜ฆ๐˜ญ
- Verhit die olie in โ€™n groot pan oor medium hitte.
- Braai die spek vir 2โ€“3 minute totdat dit begin gaar word.
- Voeg die ui en knoffel by en braai tot sag en geurig.
- Voeg die maalvleis by en braai tot dit mooi verbruin en gaar is.
- Voeg die sampioene by en kook nog 3โ€“4 minute.
- Voeg die Ina Paarman se Braai & Grill by en roer goed deur.
- Roer die tamatiepasta, Miami Hammy Relish en 1 koppie water by.
- Laat die mengsel vir 15โ€“20 minute prut totdat die sous lekker dik en geurig is.
- Geur met sout en swartpeper indien nodig.

2. ๐˜”๐˜ข๐˜ข๐˜ฌ ๐˜ฅ๐˜ช๐˜ฆ ๐˜ธ๐˜ช๐˜ต๐˜ด๐˜ฐ๐˜ถ๐˜ด
- Plaas die melk en botter in โ€™n groot mikrogolfvaste bak en verhit totdat die melk warm is en die botter gesmelt het.
- Meng die koekmeel en Maizena in โ€™n aparte bakkie met โ€™n klein bietjie melk tot โ€™n gladde 'paste'.
- Voeg โ€™n bietjie van die warm melk stadig by die paste en roer goed sodat daar geen klonte is nie.
- Gooi die mengsel terug by die res van die warm melk en roer goed deur.
- Sit dit terug in die mikrogolf en verhit vir 1 minuut op โ€™n slag, roer elke keer goed.
- Herhaal totdat die witsous mooi verdik het.

3. ๐˜—๐˜ข๐˜ฌ ๐˜ฅ๐˜ช๐˜ฆ ๐˜ญ๐˜ข๐˜ด๐˜ข๐˜จ๐˜ฏ๐˜ฆ
- Smeer โ€™n dun lagie maalvleis onder in โ€™n oondbak.
Pak dan die lae soos volg:
Lasagnevelle, Maalvleis, Witsous en โ€™n bietjie gerasperde kaas, Maalvleis, lasagnevelle en laastens die Witsous met kaas bo-op.
- Maak seker die boonste laag het genoeg witsous en kaas sodat dit mooi goudbruin bak.

4. ๐˜‰๐˜ข๐˜ฌ ๐˜ฅ๐˜ช๐˜ฆ ๐˜ญ๐˜ข๐˜ด๐˜ข๐˜จ๐˜ฏ๐˜ฆ
- Bedek die oondbak met foelie.
- Bak teen 180ยฐC vir 30 minute.
- Haal die foelie af en bak nog 15โ€“20 minute totdat die lasagne goudbruin en borrelend is.

5. ๐˜“๐˜ข๐˜ข๐˜ต ๐˜ฅ๐˜ช๐˜ต ๐˜ณ๐˜ถ๐˜ด
- Laat die lasagne vir 10โ€“15 minute rus voordat jy dit sny en bedien.
Dit help dat die lae mooi set en makliker bedien.

6. ๐˜‰๐˜ฆ๐˜ฅ๐˜ช๐˜ฆ๐˜ฏ ๐˜ฆ๐˜ฏ ๐˜Ž๐˜ฆ๐˜ฏ๐˜ช๐˜ฆ๐˜ต
Bedien met:
- Knoffelbrood
- Groen slaai

๐Ÿ”ฅ ๐™’๐™š๐™ฃ๐™ :
Hierdie lasagne is selfs nรณg lekkerder die volgende dag, want die geure trek deur en word net al hoe lekkerder. Dis die tipe trooskos wat die hele huis heerlik laat ruik en almal tafel toe trek ๐Ÿ˜
Kom kook saam en laat weet of jy dit net so baie geniet het!

20/03/2026

๐Ÿ” ๐™‚๐™š๐™ช๐™ง๐™ž๐™œ๐™š ๐™๐™ช๐™ž๐™จ๐™œ๐™š๐™ข๐™–๐™–๐™ ๐™ฉ๐™š ๐™‹๐™–๐™ฉ๐™ฉ๐™ž๐™š๐™จ ๐Ÿ‡ฟ๐Ÿ‡ฆ๐Ÿ”ฅ
Kom ons kook saam en maak geurige tuisgemaakte burger patties by die huis.

๐˜Ž๐˜ฆ๐˜ถ๐˜ณ๐˜ช๐˜จ๐˜ฆ ๐˜—๐˜ข๐˜ต๐˜ต๐˜ช๐˜ฆ๐˜ด
- maalvleis
- ui
- crushed garlic
- sout & swartpeper
- paprika
- mixed herbs
- mosterdpoeier
- knoffelpoeier
- Worcestersous
- eier
- broodkrummels
- Oom Freddyโ€™s Legacy Sprinkle

Volledige resep in die kommentaar.

๐Ÿง€ ๐™†๐™–๐™จ๐™š๐™ง๐™ž๐™œ๐™š ๐™ˆ๐™–๐™˜๐™–๐™ง๐™ค๐™ฃ๐™ž ๐™š๐™ฃ ๐™†๐™–๐™–๐™จ  ๐Ÿ‡ฟ๐Ÿ‡ฆ๐ŸDaar is min disse wat so troos soos โ€™n warm, romerige macaroni en kaas. Dis eenvoudig, v...
19/03/2026

๐Ÿง€ ๐™†๐™–๐™จ๐™š๐™ง๐™ž๐™œ๐™š ๐™ˆ๐™–๐™˜๐™–๐™ง๐™ค๐™ฃ๐™ž ๐™š๐™ฃ ๐™†๐™–๐™–๐™จ ๐Ÿ‡ฟ๐Ÿ‡ฆ๐Ÿ

Daar is min disse wat so troos soos โ€™n warm, romerige macaroni en kaas. Dis eenvoudig, vinnig en perfek vir enige dag van die week.

Voorbereidingstyd: 15 minute
Kooktyd: 30 minute
Totale tyd: 45 minute
Porsies: 4โ€“6

๐‘ฉ๐’†๐’”๐’•๐’‚๐’๐’…๐’…๐’†๐’๐’†:

๐˜—๐˜ข๐˜ด๐˜ต๐˜ข
- 250g macaroni pasta
- Water en sout vir kook

๐˜™๐˜ฐ๐˜ฎ๐˜ฆ๐˜ณ๐˜ช๐˜จ๐˜ฆ ๐˜’๐˜ข๐˜ข๐˜ด๐˜ด๐˜ฐ๐˜ถ๐˜ด

- 2 eetlepels botter
- 2 eetlepels koekmeel
- 1ยฝ koppies melk
- ยฝ koppie tamatie & uie mengsel (bv KOO of Miami)
- 1 eetlepel Mrs Ballโ€™s Chutney
- 1 koppie gerasperde cheddar kaas
- ยฝ koppie gerasperde gouda/mozzarella (opsioneel vir ekstra kaserig)
- ยฝ teelepel mosterdpoeier (of gewone mosterd)
- Sout en swartpeper na smaak

๐˜Œ๐˜ฌ๐˜ด๐˜ต๐˜ณ๐˜ข (๐˜ˆ๐˜ข๐˜ฏ๐˜ฃ๐˜ฆ๐˜ท๐˜ฆ๐˜ฆ๐˜ญ)

- 250โ€“300g boerewors, in klein stukkies gesny (of 250g maalvleis met ยฝ teelepel sout, ยฝ teelepel paprika en โ€™n knippie koljander vir โ€™n boerewors-styl en geur)
- 1 eetlepel olie vir braai

๐˜‰๐˜ฐ-๐˜ฐ๐˜ฑ (๐˜ฐ๐˜ฑ๐˜ด๐˜ช๐˜ฐ๐˜ฏ๐˜ฆ๐˜ฆ๐˜ญ ๐˜ฎ๐˜ข๐˜ข๐˜ณ ๐˜ข๐˜ข๐˜ฏ๐˜ฃ๐˜ฆ๐˜ท๐˜ฆ๐˜ฆ๐˜ญ)

- ยฝ koppie ekstra gerasperde kaas
- ยผ koppie broodkrummels
- 1 eetlepel gesmelte botter
- 1โ€“2 eetlepels vars pietersielie,

๐™Ž๐™ฉ๐™–๐™ฅ-๐™ซ๐™ž๐™ง-๐™จ๐™ฉ๐™–๐™ฅ ๐™„๐™ฃ๐™จ๐™ฉ๐™ง๐™ช๐™ ๐™จ๐™ž๐™š๐™จ
1. ๐˜’๐˜ฐ๐˜ฐ๐˜ฌ ๐˜ฅ๐˜ช๐˜ฆ ๐˜ฑ๐˜ข๐˜ด๐˜ต๐˜ข
- Kook die macaroni in โ€™n pot met soutwater volgens die pakkie se instruksies.
- Sodra dit gaar is, dreineer dit en sit eenkant.

2. ๐˜‰๐˜ณ๐˜ข๐˜ข๐˜ช ๐˜ฅ๐˜ช๐˜ฆ ๐˜ฃ๐˜ฐ๐˜ฆ๐˜ณ๐˜ฆ๐˜ธ๐˜ฐ๐˜ณ๐˜ด
- Verhit die olie in โ€™n pan oor medium hitte.
- Voeg die boerewors stukkies (of maalvleis met speserye) by.
- Braai tot gaar en mooi goudbruin.
- Haal van die hitte af en sit eenkant vir later.

3. ๐˜”๐˜ข๐˜ข๐˜ฌ ๐˜ฅ๐˜ช๐˜ฆ ๐˜ฃ๐˜ข๐˜ด๐˜ช๐˜ด ๐˜ฌ๐˜ข๐˜ข๐˜ด๐˜ด๐˜ฐ๐˜ถ๐˜ด
- Smelt die botter in โ€™n kastrol oor medium hitte.
- Voeg die koekmeel by en roer aanhoudend vir ยฑ1 minuut (dit vorm โ€™n 'roux').
- Gooi die melk stadig by terwyl jy aanhoudend roer om klonte te voorkom.
- Hou aan roer totdat die sous begin verdik en glad is.

4. ๐˜๐˜ฐ๐˜ฆ๐˜จ ๐˜ฃ๐˜บ
- Voeg nou die tamatie & uie mengsel en Mrs Ballโ€™s Chutney by die kaassous.
- Roer goed deur sodat dit heeltemal ingewerk is.
- Laat dit vir 2โ€“3 minute liggies prut sodat die geure meng.

5. ๐˜๐˜ฐ๐˜ฆ๐˜จ ๐˜ฅ๐˜ช๐˜ฆ ๐˜ฌ๐˜ข๐˜ข๐˜ด ๐˜ฃ๐˜บ
- Voeg die gerasperde cheddar en gouda/mozzarella by die warm sous.
- Roer aanhoudend totdat die kaas heeltemal gesmelt is en die sous romerig is.
- Geur nou met mosterd, sout en swartpeper.
- Proe en pas geur aan indien nodig.

6. ๐˜”๐˜ฆ๐˜ฏ๐˜จ ๐˜ข๐˜ญ๐˜ญ๐˜ฆ๐˜ด
- Voeg die gaar macaroni by die kaassous.
- Voeg dan die gebraaide boerewors (of maalvleis) by.
- Meng alles goed sodat die pasta en vleis heeltemal met die sous bedek is.

7. ๐˜‰๐˜ข๐˜ฌ (๐˜ฐ๐˜ฑ๐˜ด๐˜ช๐˜ฐ๐˜ฏ๐˜ฆ๐˜ฆ๐˜ญ ๐˜ฎ๐˜ข๐˜ข๐˜ณ ๐˜ข๐˜ข๐˜ฏ๐˜ฃ๐˜ฆ๐˜ท๐˜ฆ๐˜ฆ๐˜ญ)
- Skep die mengsel in โ€™n gesmeerde oondbak.
- Sprinkel ekstra kaas en broodkrummels bo-oor vir โ€™n krakerige kors.
- Bak teen 180ยฐC vir 15โ€“20 minute totdat dit goudbruin en borrelend is.
- Sprinkel die pietersielie net voor opdiening bo-oor die warm macaroni en kaas.

8. ๐˜‰๐˜ฆ๐˜ฅ๐˜ช๐˜ฆ๐˜ฏ ๐˜ฆ๐˜ฏ ๐˜Ž๐˜ฆ๐˜ฏ๐˜ช๐˜ฆ๐˜ต
Bedien met:
- Vars slaai
- Knoffelbrood
- Of as โ€™n bykos saam met โ€™n braai

๐Ÿ”ฅ ๐™’๐™š๐™ฃ๐™ :
Die boerewors gee โ€™n lekker sout en rokerige smaak wat perfek werk saam met die romerige kaas en effens soet chutney ๐Ÿ˜

Dis romerig, dis vol geur en dis pure Suid-Afrikaanse trooskos โ€“ kom ons maak kos wat herinneringe bouโ€ฆ ons Kook Saam!

Address

Jeffrey's Bay

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Home With RMari posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Shortcuts

Share