31/08/2026
🚩 HESSEQUA HARMONIE FEES : Kunsuitstallings 🚩
23 - 26 September 2026
Heidelberg
🔶️ ENSEMBLE-uitstalling : 🔶️
" Ontsag " deur Francois Gunter
FRANCOIS GUNTER is bekend vir veral sy dramatiese houtskoolsketse. Hy skep veral portretstudies en dromerige landskappe.
Star Nation Art Studio
Van Riebeeckstraat 11
23 - 26 September : 10:00 tot 17:00 ( Saterdag 10:00 - 13:00 )
Kom ontdek oorspronklike kuns!
🔸 ️6 uitstallings, 6 lokale! Die baie gewilde KUNSSTAP word weer aangebied. Kry jou kuns-paspoort en maak al 6 stempels bymekaar. Speel saam en soek die uitstallings/stempels met die hulp van Google-kaart op jou foon.
🔸 ️Hou sosiale media dop vir meer inligting oor elke uitstalling !!!!
🔸️ ️Toegang na al die kunsuitstallings is GRATIS !
Dis die klein fees met die GROOT hart ❤️
Sien die volle program hier: https://www.hessequaharmonie.co.za/program2026
Niël Rademan Produksies / Hessequa Harmonie
Hessequa Municipality
Hessequa Tourism - The Explorer's Garden Route