Needful Things

Needful Things Something Special for Someone Special No Entry without Mask

13/02/2025

Join us at Sew Much More on Thursday, 6 February
From 10:00 to sew Morsbags
Only bring your machine and sewing accessories.

RSVP
IRMA 073 228 4231

Oop vandag en Saterdag. Ladies tops SALE R10 each
06/11/2024

Oop vandag en Saterdag. Ladies tops SALE R10 each

Goeie môreDie weke vlieg en nog 'n Vrydag is om die draai.🌷🌷🌷Eerskomende Vrydag kom ons weer bymekaar soos gewoonlik van...
05/11/2024

Goeie môre
Die weke vlieg en nog 'n Vrydag is om die draai.
🌷🌷🌷
Eerskomende Vrydag kom ons weer bymekaar soos gewoonlik van 10 uur tot 2 uur by 71 Theal Street, Parow-Noord.
🌷🌷🌷
Gedurende Oktober het ons kersfeesversierings gemaak. Deel asb foto's van alles wat julle klaar gemaak het.
🌷🌷🌷
Op die Vrydae in November gaan ons klein geskenkies maak.
Aangeheg is 'n foto van hierdie Vrydag se projek - card holder/beursie

Bring asb die volgende saam:
🧵Naaimasjien & verlengingskoord
🧵Skêr, gare, naald, speldjies, maatband
🧵2x materiaal (so groot soos 'n bord waaruit ons eet)
PLUS
1x baie dun batting of ander materiaal vir voering
🧵Knopie, drukkertjie of stukkie velcro (alles is beskikbaar by Needful Things of bring jou eie saam)

📌Julle is welkom om aan julle eie onvoltooide projekte te werk. Dis nie verpligtend om die projek vir die dag te maak nie. Kom kuier en gesels net saam terwyl jou hande besig is.

🌷Koste is steeds R30 per persoon
🌷Koffie en tee is ingesluit
🌷Koeldranke en gebottelde water is te koop
🌷Bring jou eie ontbyt of snack saam en BEKER

Mooi bly tot Vrydag
###

With Bubu – I just got recognized as one of their top fans! 🎉
03/11/2024

With Bubu – I just got recognized as one of their top fans! 🎉

28/10/2024

Moet eers hierdie met julle deel
Enrico moes vandag gaan vir sy ID in Bellville.
So stap ons terug na die kar en toe ek daar by Kortstraat langs die Binnelandse Sake terugkyk waar Enrico en Janel is met haar wit stok, sien ek een van daardie skarminkels reg voor teenaan Enrico Kyle Osborne staan en onwillekeurig m*er ek hom met die sambreel in my hand oor sy kop.
Toe hy omkyk noem hy my 'n “p" en hardloop weg.
Terselfdertyd kom Enrico agter sy selfoon is weg en sit hom agterna.
Ek en Janel Eksteen Osborne stap oor die straat en sien Enrico en die idioot op die grond.
Enrico het hom om die nek beetgekry en sy vingers in sy oog gesteek.
Daar laat los hy toe die selfoon en hardloop weg om die hoek af in Voortrekkerweg.
Moral of the story. Be vigilant. Hou jou sambreel in jou hand en slaan eers voor jy d**k as iemand verdag in jou bubble is.
Hopelik het die wetter 'n les geleer. Hy gaan môre steeds weet van die knop op sy kop en seer oog

Hello AlmalHierdie Vrydag gaan die Fun Fridays se aktiwiteite oorstaan tot die volgende Vrydag.🧶🧶🧶🧶🧶🧶Dit beteken nou nie...
10/09/2024

Hello Almal
Hierdie Vrydag gaan die Fun Fridays se aktiwiteite oorstaan tot die volgende Vrydag.
🧶🧶🧶🧶🧶🧶
Dit beteken nou nie dat dat julle by die huis moet bly nie.
🧶Hierdie Vrydag is dit die Butterfly Crafters se jaarlikse fondsinsameling vir die brei of hekel van blokke vir komberse vir die volgende winter.
🧶Ons begin Vrydag oggend 10 uur wanneer die klok lui tot Saterdag middag 4 uur wanneer die klok weer gelui word.
🧶Dis 'n deurnag marathon en jy is welkom om jou kussing te bring om op te sit en warm komberse vir die oggendure se koue.
🧶Deelnemers hoef nie die hele tyd daar te wees nie. Solank jy darem net 'n blok of 2 klaar maak of die wat reeds by die huis gebrei is, saam bring.
🧶Die 1ste 50 inskrywings kry elkeen 'n goodie bag met oulike goedjies om te gebruik vir hekel of brei (julle kan kies)
🧶Eet en drinkgoed word voorsien aan deelnemers. Bring asb jou koffiebeker, lepel, vurk en bordjie saam.
🧶Inskrywingsfooi is R50 plus 1 bol DK wol (verkieslik Charity).
🧶🧶🧶🧶🧶🧶
Ek hoop regtig om almal daar te sien deur die loop van die marathon. Kom loer net wat ons doen of kom hou ons wakker of kom hekel en brei saam en bring sommer 'n vriendin ook saam.
🧶Daar gaan wol ook te koop wees.
🧶Deelnemers moet asb hulle hekelpenne en/of breipenne onthou.
🧶🧶🧶🧶🧶🧶

Deel hierdie ASBJaarlikse Butterfly Crafters' Project Spring CroKnit-a-Thon Cape Town Kom wees deel van ons reuse insame...
09/09/2024

Deel hierdie ASB
Jaarlikse Butterfly Crafters' Project Spring CroKnit-a-Thon Cape Town
Kom wees deel van ons reuse insameling van klaar gebreide of gehekelde blokke (ten minste 9 van dieselfde grootte ASB in 'n bondeltjie gebind), enige DK wol wat gebruik kan word om die blokke aanmekaar te hekel vir broodnodige komberse vir volgende winter.
Ons is by die ou Pastorie in 71 Thealstraat, Parow North Community Church Outreach vanaf Vrydag 13 Sept dwarsdeur die nag tot Saterdag middag.
KOM ONDERSTEUN ONS ASB
Veral die dames wat gaan kyk wie kan die langste wakker bly en die meeste blokke jan klaar maak

Deel asb.
19/08/2024

Deel asb.

Hekel beginnersklasAlmal welkomSaterdag 27 Julievan 10 uur tot 1uurBring saam DK wol en 4mm hekelpenBespreek asb jou ple...
25/07/2024

Hekel beginnersklas
Almal welkom
Saterdag 27 Julie
van 10 uur tot 1uur
Bring saam DK wol en 4mm hekelpen
Bespreek asb jou plek per WhatsaApp 0814722035

16/07/2024

Kersfees in Julie is die tema van Markdag in Julie. Kom ondersteun die uitstallers asb.

Kom maak 'n draai eerskomende Saterdag by 71 Thealstr Parow-Noord.
16/07/2024

Kom maak 'n draai eerskomende Saterdag by 71 Thealstr Parow-Noord.

Goeie môreDis alweer byna Vrydag.Ek hoop (amper) almal gaan die klas bywoon hierdie keer.🌷🌷🌷Ons gaan naaldwerk doen en '...
03/07/2024

Goeie môre
Dis alweer byna Vrydag.
Ek hoop (amper) almal gaan die klas bywoon hierdie keer.
🌷🌷🌷
Ons gaan naaldwerk doen en 'n naaimasjien en/of overlocker gebruik
Bring saam asb
🧵Ou handdoek
🧵Klein stukkie rek
🧵Medium grootte knoop
🧵Skêr, Naald, gare, speldjies of knippies.
🌷Daar is rek en knope om te gebruik
☕Onthou jou eie koppie/beker
🥪Breakfast/Lunch/snack
💲R30 vir die klas
💰Loop deur die kamers van ons "shopping mall" en ondersteun ons asb.
👀Sien julle Vrydag op die gewone tyd en die gewone plek
❤️‍🔥Warm bly tot Vrydag 5 Julie.
Stiptelik 10 uur tot 1 uur
🌷🌷🌷🌷
Bespreek jou plek by:
FUN FRIDAYS
0814722035
71 Thealstraal, Parow-Noord.

Address

71 Theal Street, Parow North
Cape Town
7500

Opening Hours

Tuesday 10:00 - 16:00
Wednesday 10:00 - 16:00
Thursday 10:00 - 16:00
Saturday 10:00 - 16:00

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Needful Things posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Share