22/06/2026
TAMATIEBREDIE
Dié bredie se mooi kleur en diep geur ontwikkel wanneer hy lank en stadig kook.
🥩 Goede Hoop Family Butcher
🔪 My Butchers Block
B E S T A N D D E L E
· 2 uie, grof gekap
· 2 knoffelhuisies, fyngekap
· 1 kg bees- of skaapvleis
· 2 teelepels sout
· 1½ koppies aftreksel
· 1 pakkie (50 g) tamatiepasta
· 4 slaaitamaties, grof gekap
· 1 blikkie geskilde en gekapte tamaties
· 6-8 aartappels, geskil en in stukke gesny
· ¾ koppie water
· swartpeper na smaak
· suiker, indien nodig
M E T O D E
1. Braai 1 ui in ’n bietjie olie tot sag en goudbruin. Voeg die knoffel by en braai vir 1 minuut saam. Skep uit en hou eenkant.
2. Braai die vleis in dieselfde pot saam met die sout tot goudbruin.
3. Voeg die oorblywende ui en aftreksel by.
4. Sit die deksel op en prut vir 60-90 minute, of totdat die vleis sag is.
5. Voeg die tamatiepasta, vars tamaties en geblikte tamaties by.
6. Roer deur en prut vir 30-45 minute.
7. Voeg die gebraaide ui, aartappels en ¾ koppie water by.
8. Prut vir 20-30 minute totdat die aartappels sag is.
9. Roer versigtig sodat die aartappels nie stukkend breek nie.
10. Proe vir sout en swartpeper.
11. Indien die bredie te suur is, voeg ’n bietjie suiker by na smaak.