05/07/2026
Elke blomplaas begin êrens. 🌸
Hierdie blomplaas het nie met hektaar vol blomme begin nie.
Dit het begin met 'n droom, 'n paar saadpakkies en baie geloof.
Daar is dae wat alles mooi groei, en daar is dae soos hierdie week waar ryp jou herinner dat boer jou nederig hou.
Maar ek sal aanhou plant.
Ek sal aanhou leer.
En ek sal aanhou die mooiste blomme kweek wat ek kan.
Dankie aan elke persoon wat kies om 'n klein plaaslike besigheid te ondersteun. Julle maak hierdie droom moontlik. 🤍