15/10/2026
Live life beautifully!!
Dit het begin met drie klein eiertjiesโฆ ๐ชบ
Die afwagting was groot, die nuuskierigheid nog groter, en ons geduld? Wel, dit was maar min! ๐
Elke keer wat ons by die voordeur in- en uitgestap het, het ons gewonder wanneer daar iets gaan gebeur. Maar mamma Kwikstertjie het rustig op haar nessie bly sit, geduldig en getrou, te midde van ons besige lewe. En so het ons amper van die eiertjies vergeet.
En toe, uiteindelik, was daar drie klein bondeltjies dons. ๐
Dit het my laat dink aan die leweโฆ
Ons raak so maklik ongeduldig. Ons wil resultate sien, antwoorde hรช en weet wat volgende gaan gebeur. Maar soms gebeur die mooiste dinge stil-stil, sonder dat ons dit eers besef.
Soms moet ons net geduldig wees en vertrou dat iets besonders besig is om te groei. ๐ฟ
Die lewe is nie net mooi in die groot, indrukwekkende oomblikke nie. Dit lรช ook in die klein wonderwerke, die onverwagte vreugdes en die besonderhede wat ons so maklik miskyk.
By Mariaanโs glo ons dat skoonheid soveel meer is as wat die oog kan sien. Dit is die verwondering, die gevoel en die vreugde wat die klein dingetjies in ons wakker maak.
Mag ons altyd tyd maak om stil te staan, die mooi raak te sien en die wonder van die lewe te waardeer.
๐ค Marvelous Splendour Beauty.
Live life beautifully.