29/03/2026
Dit was weereens tyd vir Pramberg Quilting Retreat en wat ‘n plesier het ons nie gehad.
Ek kan nie genoeg my dankbaarheid uitspreek vir elke persoon wat betrokke was - van die Naaldekoker se personeel en Susan van den Berg vir die heerlike kos. Mari Strydom wat vir elke nuwe deelnemer en my lojale ondersteuners onderrig gegee het.
Mari het ons weereens geseën met haar wonderlike talent en ongelooflike persoonlikheid. Jy het iets spesiaal gebring na die Retreat. Mari was net ‘n plesier en sy het ons gehelp om ‘n pragtige Hexagon Log en of ‘n Hexagon Candy te maak volgens ons eie voorkeur te skep. Julle is die rede waarom dit altyd ‘n sukses is!
Die “show en tell” het weereens pragtige kwilts gewys wat deur vroue gemaak is en so inspirasie gebring vir elkeen.
Laat die fito’s meer vertel