Vra Vir Leeflik

Directions Contact the business

Vra Vir Leeflik Contact information, map and directions, contact form, opening hours, services, ratings, photos, videos and announcements from Vra Vir Leeflik, Rietfontein, Pretoria.

✨ Event planning & styling
🎈 Balloons | Decor | Flowers | Setups
🤍 Turning your ideas into beautiful memories
📍 Modimolle & surrounding areas
📲 Enquiries: Direct Message or WhatsApp

✨ 10 dinge wat ek wens jy geweet het voordat jy Vra vir Leeflik bespreek!Agter elke mooi geleentheid is daar soveel meer...
16/10/2026

✨ 10 dinge wat ek wens jy geweet het voordat jy Vra vir Leeflik bespreek!

Agter elke mooi geleentheid is daar soveel meer as wat die oog sien. Van die eerste inspirasieprent tot die laaste detail, elke besluit speel ’n rol om jou visie tot lewe te bring. 🤎

Of jy nou ’n verjaarsdag, kombuistee, baba bederf of ’n ander spesiale geleentheid beplan, ek glo dat die mooiste resultate begin met goeie beplanning, realistiese verwagtinge en vertroue in die proses.

Blaai deur en ontdek ’n paar dinge wat jou kan help om jou volgende geleentheid met meer selfvertroue te beplan. ✨

Beplan jy iets spesiaals? Kom ons gesels oor jou idees en kyk hoe ons dit saam ’n werklikheid kan maak. 🤍

💙🍼 ’N PRAGTIGE BLOU BABA-TEE VIR ’N KLEIN SEUNTJIE! ☁️🧸Sagte blou skakerings, blomme en ’n hele klomp liefde het saamges...
12/10/2026

💙🍼 ’N PRAGTIGE BLOU BABA-TEE VIR ’N KLEIN SEUNTJIE! ☁️🧸

Sagte blou skakerings, blomme en ’n hele klomp liefde het saamgesmelt om hierdie spesiale dag mooi te maak.💙✨
Van die dekor tot die klein details is alles met sorg saamgestel om mamma en haar klein prinsie op pad te vier. 👶🏻🎁

Beplan jy ’n baba-tee? Laat Vra Vir Leeflik jou help om jou droomtema tot lewe te bring! 💫
📲 082 491 9382

Vra Vir Leeflik
Jy bring die idee, ek bring dit tot lewe. 💕

🎄✨ THROWBACK na ons Klouter Kabouter Kersfeesprysuitdeling van 2025! 🎅🏻❤️Met Kersfees wat al om die draai is, is dit die...
09/10/2026

🎄✨ THROWBACK na ons Klouter Kabouter Kersfeesprysuitdeling van 2025! 🎅🏻❤️
Met Kersfees wat al om die draai is, is dit die perfekte tyd vir ’n lekker terugflits op hierdie feestelike dag vol vrolike gesiggies, Kersfeesdekor en kosbare kleuterherinneringe. 🎁🎄

Van die feestelike atmosfeer tot die klein details wat alles bymekaar gebring het, was dit beslis ’n spesiale geleentheid om te onthou! ❤️✨

Beplan jy reeds jou jaar-eindfunksie, Kersfeesviering of spesiale geleentheid? 🌸🥂
Of jy nou droom van ’n mooi Kersfees-opset of ’n unieke tema vir jou volgende funksie, Vra Vir Leeflik help jou om jou idees tot lewe te bring.

🎄 Kersfees is om die draai! Begin vroeg beplan en maak hierdie feestyd ekstra spesiaal.
📲 082 491 9382

Vra Vir Leeflik
Jy bring die idee, ek bring dit tot lewe. ✨

YOUR YEAR-END CELEBRATION, BEAUTIFULLY STYLED. ✨🥂The end of the year is worth celebrating, and we’re here to make your e...
07/10/2026

YOUR YEAR-END CELEBRATION, BEAUTIFULLY STYLED. ✨🥂
The end of the year is worth celebrating, and we’re here to make your event feel extra special.

From beautifully styled tables and fresh florals to personalised details and statement décor, our year-end packages give you a beautiful starting point, with plenty of room to make it uniquely yours.
🌿 Classic
✨ Elevated
🥂 Statement

Choose your level of styling, add the details you love, and let us bring it all together.
This is just a little taste of what we can create. There are so many more options available to suit your theme, venue and vision.

📩 Get in touch with us for a personalised quote and let’s start creating something beautiful together.

Vra Vir Leeflik
Turning your ideas into unforgettable moments. ✨
082 491 9382 | [email protected]

✨ ’n Damesoggend om te onthou! 🥂🌸Hierdie een was só lekker om te doen! Van die mooi tafel en dekor tot die klein detailt...
02/10/2026

✨ ’n Damesoggend om te onthou! 🥂🌸
Hierdie een was só lekker om te doen! Van die mooi tafel en dekor tot die klein detailtjies wat die hele oggend spesiaal gemaak het. 🤍

Ons het dit geniet om hierdie GWM Damesoggend met mooi dekor, blomme en ’n tafel wat perfek by die geleentheid pas, bymekaar te bring. Want dit is juis die klein besonderhede wat ’n gewone byeenkoms in iets besonders verander. ✨

Beplan jy jou jaar-eindfunksie, jaareindpartytjie of selfs ’n spesiale damesoggend? Of jy nou reeds ’n volledige idee het of nog nie weet waar om te begin nie, you name it, we do it! 🥂

🌸 Kry ’n voorsprong op jou jaareindfunksie!
Begin vroeg beplan en laat ons jou help om jou idee mooi tot lewe te bring.

📲 082 491 9382

Vra Vir Leeflik
Jy bring die idee, ek bring dit tot lewe.

Your vision. Our styling. Your moment. ✨From the first idea to the final detail, we’re here to bring your celebration to...
28/09/2026

Your vision. Our styling. Your moment. ✨
From the first idea to the final detail, we’re here to bring your celebration to life.

🎀 Event styling
🪞 Prop hire
🎈 Balloon garlands & backdrops
🌸 Floral arrangements
🍽️ Tablescaping
🤍 Welcome signage
📋 Full-service planning

Whatever you’re celebrating, let’s make it feel uniquely yours.

📍 Based in Nylstroom, Limpopo
🚗 Willing to travel for your special occasion
📞 Contact us to start planning your celebration 082 491 9382

Vra vir Leeflik
Turning your ideas into unforgettable moments✨

✨🥂 ’n Bachelorette om te onthou, mooi en leeflik gedoen!Hierdie een was só lekker om te doen! Van die mooi tafel met al ...
25/09/2026

✨🥂 ’n Bachelorette om te onthou, mooi en leeflik gedoen!

Hierdie een was só lekker om te doen! Van die mooi tafel met al die self gemaakte charcuterie-borde, tot die games, geskenksakkies en elke klein detail wat die dag spesiaal gemaak het. 🤍

En natuurlik kan ons nie die mooi backdrop, ballonne en blomme vergeet nie! ✨ Van die tafel wat perfek gedek is tot die groter dekor-elemente wat die hele spasie bymekaar bring, is dit juis die klein detailtjies wat ’n gewone geleentheid in ’n Vra Vir Leeflik-ervaring verander.

Of jy nou ’n spesifieke idee in jou kop het, of glad nie weet waar om te begin nie, you name it, we do it! 🥂

Bachelorettes, bridal showers, verjaarsdae, baby showers of enige spesiale geleentheid… bring vir ons die idee en ons help jou om dit mooi tot lewe te bring. 🤍

📲 082 491 9382
Vra Vir Leeflik
Jy bring die idee, ek bring dit tot lewe.

Wat julle sien: die mooi, klaar setup. ✨Wat julle nie altyd sien nie: alles wat vooraf gebeur.Ballonne organiseer, ure s...
21/09/2026

Wat julle sien: die mooi, klaar setup. ✨
Wat julle nie altyd sien nie: alles wat vooraf gebeur.

Ballonne organiseer, ure se opblaas, koffie tussenin, kar Tetris, laataande en al die klein detailtjies wat niemand noodwendig raaksien nie. 🤍

Event styling is nie net die mooi finale foto nie. Dit is ook die beplanning, voorbereiding, harde werk en liefde wat agter die skerms ingaan om daardie finale oomblik moontlik te maak.

’n Bietjie chaos, baie ballonne, ’n hele paar koppies koffie en soms ’n baie laat aand... 😂☕🎈

Maar wanneer alles uiteindelik saamkom?

Dan weet ek hoekom ek dit LOVE. 🤍

Vra Vir Leeflik
Jy bring die idee, ek bring dit tot lewe✨
📲 082 491 9382

✨🐝 ’n Baie spesiale eerste verjaarsdag & doopviering, mooi en leeflik gedoen!Van die mooiste klein detailtjies tot die h...
17/09/2026

✨🐝 ’n Baie spesiale eerste verjaarsdag & doopviering, mooi en leeflik gedoen!

Van die mooiste klein detailtjies tot die hele setup wat die tema perfek bymekaar gebring het. Ek LOVE dit om ’n idee te vat en dit in ’n spesiale ruimte te verander waar elke detail deel van die dag se herinneringe word✨

Hierdie klein bytjie-partytjie was gevul met sagte detail, mooi dekor en natuurlik ’n hele klomp liefde🐝💛

Twee baie spesiale geleenthede, een onvergeetlike dag

As jy droom van ’n spesiale setup vir jou volgende geleentheid, laat Vra Vir Leeflik die mooi werk doen terwyl jy die oomblik geniet. ✨

📲 082 491 9382

Vra Vir Leeflik🤍
Jy bring die idee, ek bring dit tot lewe.

Hallo! As ons mekaar nog nie behoorlik ontmoet het nie, laat ek myself gou voorstel. Ek is Alesia, die persoon agter Vra...
16/09/2026

Hallo! As ons mekaar nog nie behoorlik ontmoet het nie, laat ek myself gou voorstel. Ek is Alesia, die persoon agter Vra Vir Leeflik. 🤍

Ek is ’n mamma van 4, met drie besige dogtertjies en ’n splinternuwe baba-seuntjie. Die lewe is nie altyd rustig nie, maar tussen die chaos leer hulle my elke dag om kreatief te wees, vinnig te dink en veral om die mooi in die klein oomblikke raak te sien. ✨

Ek het nog altyd daarvan gehou om dinge mooi te maak, idees uit te dink en geleenthede spesiaal te laat voel. Dis presies waar Vra Vir Leeflik begin het.

Van die eerste idee tot die laaste ballon, blom en dekorstukkie, is ek graag betrokke by die hele proses. Ek hou daarvan om ’n visie te vat en dit stap vir stap in iets tasbaars te verander.

Maar wat julle dalk nie altyd sien nie, is alles wat agter die skerms gebeur. Die beplanning, lysies, rondskarrel, detailtjies, laaste-minuut veranderinge en natuurlik ’n hele paar koppies koffie! ☕️😄

Gelukkig het ek ’n man wat my ondersteun, selfs met die idees wat soms ’n bietjie wild klink. 😄 Werries gee my die moed om aan te hou droom en hierdie passie met my hele hart uit te leef.

Vra Vir Leeflik is vir my soveel meer as net dekor. Dit gaan oor die mense, die herinneringe en daardie oomblikke wat jy vir altyd wil onthou. 🤍

Dankie aan elke persoon wat al ’n geleentheid aan my toevertrou het, my bladsy volg, my plasings deel of my naam aanbeveel. Julle help my om iets waarvan ek rêrig hou, verder te laat groei. ✨

Ek is Alesia, en dít is die hart agter Vra Vir Leeflik🤍

Address

Rietfontein
Pretoria

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Vra Vir Leeflik posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to Vra Vir Leeflik:

Shortcuts

Share