30/11/2022
Something as little as listening without irritation makes a difference to someone. A little kindness! My objective for today.
Ek is besig om vir myself 'n nuwe ding aan te leer. Ek leer luister, om te verstaan, sodat ek meer emosioneel vrygewig kan raak.
Meeste van die tyd luister ek om te antwoord, sommer halfway in die middel van die sin.
Ek stop vandag bitter geirriteerd met die hitte en die verkeer by 'n sekuriteitsman. Kar lisensie uit, scan en 10 vrae vir my. Ek was nou regtig nie lus om hom te antwoord nie.
Ek sien sy oë is onseker. Op een of ander manier verdwyn my info en ons begin weer.
Kar lisensie, scan en selnommer.
Net voor ek d**k ek kon deurry, gebeur iets weer en ons moet die proses herhaal.
Ek sien sy vingers begin nou van pure senuwees verkeerd tik.
Hy probeer verduidelik want hy wag vir die geirriteerde byt.
Ek besluit om absoluut niks te sê nie, ek gaan luister.
Ek sit my irritasies en warmkry langs my neer en fokus net op hom.
Ek sê vir hom dis alles okey.
Somehow voel hy die vreemde kalmte van my.
Sy senuweeagtige vingers vertel vir my 'n hele ander storie wat ek normaalweg nie sou sien of hoor nie.
Sonder om éen woord te sê vertel hy my dat hy die job bitter nodig het.
Dat hy net 'n break kort en een minder wat op hom spring.
Sy vingers vertel sy eerste dag was lank en warm en dat sy geloof in homself al hoe minder word hoe meer hy aanjaag.
Die lewe is tough daarbuite en die jobs is min. But he is trying.
My, "dis alles okey" kry sy vingers kalm en daar kan ek deurry.
Ek sê vir hom mooi dankie en hy kyk dankbaar terug na my.
Ek wens hom alle voorspoed toe met die nuwe job en gee hom 'n fist pump.
Vandag van alle dae het hy net luister nodig gehad.
Emotional Generosity: sacrifice, surrendering something you need or desire so that someone else can have it.
Wees vandag daai iemand.
©sitaandieketel
www.sitaandieketel.co.za