22/05/2022
Tent kamp: Ek het 3 nie onderhandelbare vreistes, ek wil lekker slaap, ek wil ordentlik kan sit en die belangrikste een "die lewe is te kort om slegte kos te eet. Verder is alles oonderhandelbaar. 'n Behoorlike slaap plek is die basis vir ontspanning. Ek het omtrent al die beddens al probeer en kom elke keer terug na die spinekop dubbel bed raam wat 'n opblaas matras in sy sloop vat. Gooi so halwe blik baba poeier in die matras voor jy hom opblaas, dit verhoed dat die kante aan mekaar vasplak en as daar 'n speld gaatjie inkom sal dit meer dikwels as nie die gaatjie van binne seel. Hanteer die outjies met groot respek en hou van die vloer af, as jy na hom kyk sal dit lank hou. Sitplek is net so belangrik, ja 'n klip werk maar nie naasteby so lekker soos my OZ stoel nie, myne werk al hoeveel jaar met geen aanduiding van klaar raak nie waar die spinekop supermark winskopies nie eers 'n vakansie hou nie so spandeer maar 'n paar rand en kry iets ordentlik. Ek hou daarvan om 'n net grondseil onder die tent se grondseil te sit om skerp klippies en doringkies te stop. Dit gee ook ' sagte gevoel aan die tent vloer. Beligting is ook 'n belangrike aspek, niks kom by goeie koplampe nie maar 'n lantern led liggie met afstand beheer werk lekker in die tent self en jy hoef nie uit die kooi te klim om die kers dood te blaas. 'N klein alarm battry werk lekker om bietjie meer ligte in en om die kamp aan die lewe toe hou en die moderne LED stroke liggies is abie helder en brand nie jou battery so gou uit nie. As jou battery so bietjie papperig raak kan jy dit maklik by jou voertuig se sigaret aansteker in prop om so bietjie te laai. Verander jou mooi groen tent toue met wit toue sodat mede kampeerders nie in die donker daaroor val nie. Ja ek hoor as iemand so nabu aa jou tent verby loop verdien hy om te val.......en wat as hy jou toue uitskeur? betaal hy sit jy nogsteeds met 'n paar rand en 'n stukkende tent. Wie weet miskien keer dit jou om te val. Vir die kook area is 'n behoorkike tafel 'n moet, die braai werk oortyd maar om voorbereiding te doen is een van hierdie plastiese tafels net die ware Jakob en ook nie te duur nie. Tweedens is 'n gas stoof ook baie handig om koffie en dinge soos aartappel slaai ens. te maak, as jy net klein wil kook is die ou gas bottel ring net die ding, eenvoudig en relatief goedkoop en klein genoeg om saam te vat. As jy vir kort tye kamp werk 'n goeie koel boks redelik maar ek verruil nie my klein snomaster kamp yskas/vrieskas vir niks, hy hou my bier koud en my vrieskas goed gevries en maak die kamp ondervinding net soveel beter. 'n Water kan, selfs 'n lee 5l seep kan, is baie handig, mens hoef nie elke keer kraan toe te loop. Ongelukkig is skottelgoed 'n integrale deel van lekker eet maar gelukkig werk die afslaan silikoon bakke en emmers baie goed en vat nie teveel plek nie. Ek kan aan karring maar hierdie is vir my die eerste stappe, net 'n laaste wenk, 'n klein blaas verwarmertjie aan die voetenend van die bed maak die tent lekker warm en snoesig in die winter. As jy nou by 'n kamp kamp waar daar nie 220v is nie is daar ander probleempies om te oorbrug, nie onmoontlik of moeilik net uitdagins.Meer hieroor later. Al wat ek verder kan se is geniet dit, kamp is koning