20/08/2026
✂️🩷 Wat pak jy in jou Scrap & Chat tassie? 🩷✂️
Ek het sommer vinnig ’n tassie gepak met ’n paar van my scrapbooking-goedjies om vir julle te wys wat dalk alles in so ’n tassie kan inpas wanneer jy oppad is na ’n Scrap & Chat, NSD of sommer net ’n lekker scrap-dag!
Hierdie is natuurlik net 1 idee en opsie – elkeen pak mos volgens sy eie scrapbooking-behoeftes! 😉✂️
Papier, tools, embellishments, ink, kleefmiddels… Wat jy ook al nodig het om lekker te kan sit en scrap maak! ❤️
So, wat sou JY in jou scrapbooking-tassie pak? 👀👇