Kaatjie Produkte

Kaatjie Produkte Contact information, map and directions, contact form, opening hours, services, ratings, photos, videos and announcements from Kaatjie Produkte, Stellenbosch.

Waar kleur, kuns en storie ontmoet

Ek skep familie-, troeteldier- en blomskilderye,
asook magnete en juwele en druk my illustrasies op handgemaakte produkte soos kussings, tafellopers en handsakke

Ek is weer aan die teken en verf. So as jy ‘n custom kunswerk wil hê, bestel aanlyn (onder Custom Art) of WhatsApp of ep...
10/06/2026

Ek is weer aan die teken en verf. So as jy ‘n custom kunswerk wil hê, bestel aanlyn (onder Custom Art) of WhatsApp of epos my!

www.kaatjieprodukte.co.za

ONTMOET DIE SPAN: KaatjiePosbeskrywing: Direkteur van Kwaliteitsbeheer, Middagslapies & Openbare BetrekkingeVerantwoorde...
09/06/2026

ONTMOET DIE SPAN: Kaatjie

Posbeskrywing:
Direkteur van Kwaliteitsbeheer, Middagslapies & Openbare Betrekkinge

Verantwoordelikhede:
✔ Toets alle kussings & komberse vir gemaklikheid
✔ Hou toesig oor fotosessies
✔ Monitor voëlaktiwiteit deur vensters
✔ Verseker voldoende sonkolle in die kantoor/spaarkamer

Werkservaring:
Meer as 10 000 uur professionele slaapervaring.

Spesiale vaardighede:
•Sit presies waar jy besig is om te werk
•Fotobomb produkfoto's
•Eis nuwe produkte op as persoonlike eiendom

Het jy al jou eie Kaatjie-ring gekry? As jy bietjie kleur hierdie winter wil hê, dan is hierdie reeks ringe ideaal!Daar ...
08/06/2026

Het jy al jou eie Kaatjie-ring gekry? As jy bietjie kleur hierdie winter wil hê, dan is hierdie reeks ringe ideaal!

Daar is tans drie reekse: First Bloom (met gedroogde blommetjies); Colourful Chaos en Electric Picnic (albei van polymer clay).

Ek meng (mix and stack) myne met ander ringe vir ‘n o so arty vibe!

Gaan loer by: www.kaatjieprodukte.co.za

NUUT: Colourful Chaos deur Howzit Rosie Studio 🎨Daar is iets besonders aan kleur wat nie probeer inpas nie... Ontmoet Co...
07/06/2026

NUUT: Colourful Chaos deur Howzit Rosie Studio 🎨

Daar is iets besonders aan kleur wat nie probeer inpas nie... Ontmoet Colourful Chaos – 'n versameling handgemaakte polymer clay ringe waar elke ontwerp sy eie klein kunswerk is. Geen reëls, geen perfekte patrone, net kleur, kreatiwiteit en vreugde.

Elke ring word met die hand gevorm, saamgestel en afgewerk, wat beteken dat geen twee ooit presies dieselfde sal wees nie.
•Handgemaak van polymer clay
•Verstelbare ringe
•Elke ontwerp is uniek
•Liggewig en gemaklik om te dra

Van konfetti-kleure en helder pienk tot abstrakte kunswerke wat aan moderne skilderye herinner – hierdie ringe is gemaak vir mense wat lief is vir kleur en individualiteit.

Want soms is die mooiste dinge net 'n bietjie chaoties.

Nog komberse: Die Groceries ken julle seker al by die tyd. My eerste geverfde reeks wat op materiaal gedruk is 😊Te koop ...
01/06/2026

Nog komberse: Die Groceries ken julle seker al by die tyd. My eerste geverfde reeks wat op materiaal gedruk is 😊

Te koop by www.kaatjieprodukte.co.za

Gelukkige Junie! Dis nog herfsweer hier in die Boland, maar ek kry solank my komberse reg vir die Kaap se reëns. Hoop jy...
01/06/2026

Gelukkige Junie! Dis nog herfsweer hier in die Boland, maar ek kry solank my komberse reg vir die Kaap se reëns. Hoop jy is warm waar jy is!

Komberse beskikbaar in die Happy Flower-, Groceries- en kattereeks.

www.kaatjieprodukte.co.za

Nog 1 uur oor vir 20%-afslag op jou bestelling. Die vlg een sal lente wees. Van prints, kaartjies en sleutelhouers en ma...
31/05/2026

Nog 1 uur oor vir 20%-afslag op jou bestelling. Die vlg een sal lente wees.

Van prints, kaartjies en sleutelhouers en magnete tot dekor en handsakke.

Dankie vir elkeen se bestelling, ek is besig met die verpakkings ❤️

www.kaatjieprodukte.co.za

Address

Stellenbosch
7600

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Kaatjie Produkte posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to Kaatjie Produkte:

Share