Kreatief Kuns & Kraft

Kreatief Kuns & Kraft Art and Craft Supplies

Vier Jeugdag saam met die kinders in jou lewe.Kom maak ’n draai by Kreatief en ontdek oulike kreatiewe projekte wat jull...
11/06/2026

Vier Jeugdag saam met die kinders in jou lewe.
Kom maak ’n draai by Kreatief en ontdek oulike kreatiewe projekte wat julle saam kan doen.
Van verf en DIY idees tot pret aktiwiteite vir klein handjies β€” dis die perfekte manier om kwaliteit tyd saam deur te bring en herinneringe te maak.
πŸ“Langs Vredendal Superspar
083 603 0489

Vadersdag is om die draai β€” moenie vergeet nie!21 Junie is die dag om daardie spesiale pa, oupa of vaderfiguur te bederf...
10/06/2026

Vadersdag is om die draai β€” moenie vergeet nie!
21 Junie is die dag om daardie spesiale pa, oupa of vaderfiguur te bederf met iets besonders.
Kom loer by Kreatief vir unieke geskenke of bestel iets custom gemaak net vir hom. Van persoonlike houtwerk tot kreatiewe idees, ons help jou graag om iets betekenisvol te gee.
083 603 0489

Gee jou meubels nuwe lewe met ons stylvolle knoppe Perfek vir kasdeure, laaie en DIY projekte wat net daardie ekstra det...
05/06/2026

Gee jou meubels nuwe lewe met ons stylvolle knoppe
Perfek vir kasdeure, laaie en DIY projekte wat net daardie ekstra detail nodig het.
Ons het ook blanke knoppe beskikbaar wat jy self kan verf, versier en uniek maak volgens jou eie styl.
083 603 0489

Winterdae vra vir iets kreatief!Kom loer gerus na ons pragtige Paint by Numbers stelle by Kreatief – die perfekte manier...
03/06/2026

Winterdae vra vir iets kreatief!
Kom loer gerus na ons pragtige Paint by Numbers stelle by Kreatief – die perfekte manier om hierdie koue dae rustig en kleurvol deur te bring.
Of jy nou alleen wil ontspan of saam met familie iets lekker wil doen, daar is ’n ontwerp vir almal.
En wanneer jy klaar geverf het, kan ons jou kunswerk ook help oortrek, strek of netjies afwerk sodat jy dit met trots kan vertoon.
Kom maak ’n draai by Kreatief langs Vredendal Superspar en ontdek jou volgende projek.
083 603 0489

27/05/2026

Ons bied gereeld heerlike kraft klasse aan. Hou gerus ons blad dop om te sien wanneer ons volgende klas is.
Jy kan ook vir Lizette kontak om vir jou en jou vriende β€˜n klassie te boek!
083 603 0489

In uitdagende tye sien ’n mens die ware hart van ’n gemeenskap. Die onlangse vloed het groot uitdagings gebring, maar di...
20/05/2026

In uitdagende tye sien ’n mens die ware hart van ’n gemeenskap. Die onlangse vloed het groot uitdagings gebring, maar dit het ook gewys hoe mense saamstaan, help en mekaar dra wanneer dit die nodigste is.
Ons by Kreatief is opreg dankbaar vir die ondersteuning, omgee en bemoediging wat ons ontvang het. Dankie aan elke persoon wat uitgereik, gehelp en bygedra het op watter manier ook al. Julle goedhartigheid beteken ongelooflik baie.
Ons spreek ook ons diepe waardering uit teenoor elke noodwerker wat hul tyd en energie gegee het om ons gemeenskap by te staan. Aan elke familie wat geraak is – ons d**k aan julle en bid vir krag en herstel.
As gemeenskap is ons dankbaar, en saam sal ons weer opbou.

Kom maak jou eie horlosie op Saterdag die 30ste Mei 2026 om 10:00 by Kreatief.Ons verstaan dat die stresvolle situasie v...
20/05/2026

Kom maak jou eie horlosie op Saterdag die 30ste Mei 2026 om 10:00 by Kreatief.
Ons verstaan dat die stresvolle situasie van Matzikama se vloede iets is wat jou teen die mure kan uitdryf. Kom ontspan en maak iets mooi.
Alles wat jy nodig het word voorsien.
Koste vir hierdie kunskla is R265 per persoon.
Besprekings is noodsaaklik: 083 603 0489
Jy kan ook ’n draai in ons winkel maak om te bespreek.

’n Blommetjie hier en daar maak elke projek mooier.Ons oulike papier blomme is perfek vir kaartjies, geskenke en kreatie...
19/05/2026

’n Blommetjie hier en daar maak elke projek mooier.
Ons oulike papier blomme is perfek vir kaartjies, geskenke en kreatiewe projekte.
Onthou – ’n blom ’n dag laat jou lag, so voeg gerus daardie ekstra kleur by jou volgende skepping.

Ontdek jou innerlike kunstenaar.By Kreatief het ons ’n wye reeks canvasses en esels beskikbaar – alles wat jy nodig het ...
14/05/2026

Ontdek jou innerlike kunstenaar.
By Kreatief het ons ’n wye reeks canvasses en esels beskikbaar – alles wat jy nodig het om te begin skep.
Of jy nou nuut is of al lank lief is vir kuns, ons het presies wat jy nodig het. Ondersteun plaaslik.

Address

Pastorie Street Shop 9, De Keur Sentrum
Vredendal
8160

Opening Hours

Monday 09:00 - 17:30
Tuesday 09:00 - 17:30
Wednesday 09:00 - 17:30
Thursday 09:00 - 17:30
Friday 09:00 - 17:00
Saturday 09:00 - 13:00

Telephone

+27272133157

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Kreatief Kuns & Kraft posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to Kreatief Kuns & Kraft:

Share