22/10/2026
Wanneer ’n kandidaat haar eie verkiesingsborde opsit, kyk sy ook wat in haar wyk aangaan. 💚
Sy sien waar daar aan haar gerapporteerde klagtes gewerk is — en waar daar nog nie eens ’n poging aangewend is om die probleem op te los nie.
Elke rit deur die wyk is nóg ’n geleentheid om te kyk, op te volg en antwoorde te vra. Want agter elke klagte is inwoners wat wag op diens.
My bord dra my naam. My optrede moet wys waarvoor ek staan.